WIF Oes Kardoes Help 'n Kind deur Jou Oes te Deel

Die Oes Kardoes projek is 'n gemeenskapsinisiatief wat daarop gemik is om kruideniersware in te samel vir kinders wat staatmaak op hul skole se voedingsprogramme vir daaglikse etes

Maak vandag nog `n magie vol!

Vir baie van hierdie kinders is skoolmaaltye die enigste betroubare voedselbron, wat beteken dat naweke en skoolvakansies ‘n tyd van honger en onsekerheid kan wees.

Met die Oes Kardoes wil ons hierdie gaping vul deur nie-bederfbare voedselitems te versamel en aan kinders in nood te voorsien. Ons nooi jou uit om deel te wees van hierdie projek deur ‘n skenking te maak aan die Worth It Foundation se Oes Kardoes en sodoende ‘n verskil te maak in die lewe van ‘n kind. Jou bydrae, hoe klein ook al, help om ‘n kind met `n vol magie en ‘n hoopvolle hart te laat glimlag.

Deel jou oes – skenk vandag!

Bietjie bietjie maak baie..

Voorbeelde van voedselprodukte vir die Oes Kardoes:

  • Rys, Pasta of Mieliemeel
  • Mieliemeel
  • Blikkieskos (bone, vis, groente, tamaties)
  • Oats, pap of Graankos (Cornflakes, Weet-Bix)
  • Langlewe melk
  • Peulvrugte (lensies, droë bone, kekerertjies)
  • Grondboontjiebotter
  • Konfyt of heuning
  • Soutkoekies of beskuit
  • Kitsnoedels
  • Kitsnoedels, Soppoeier of kitsop
  • Droë vrugte of neute
  • Tee, koffie & Suiker

Basiese Noodsaaklikhede: vir die Oes Kardoes:

  • Tandepasta en borsels
  • Seep en sjampoe
  • Waspoeier of seep
  • Vroulike higiëneprodukte
  • Toiletpapier

Skenk vandag nog

Kontak ons per e-pos of op Whatsapp met die onderwerp "Oes Kardoes" om `n donasie te maak of om betrokke te raak by van ons ander projekte!



WANT TO MAKE A DONATION:

Worth it Foundation

FNB Cheque account

Acc nr: 630 79 212 866

Ref: Oeskardoes + jou naam

NO ACT OF KINDNESS

IS TOO SMALL