Onderwys is die grondslag van vooruitgang, en sonder dit sou mense sukkel om basiese vaardighede soos lees, skryf en wiskunde te bemeester.
Kennis sou nie effektief oorgedra word nie, wat sou lei tot ‘n samelewing sonder innovering, tegnologiese ontwikkeling en professionele vaardighede.
Ekonomieë sou stagneer, omdat mense nie die nodige opleiding sou hê om poste te vul nie. Kinders sou nie behoorlike leiding of kritiese denkvermoë ontwikkel nie, en onkunde sou hoogty vier. Sonder onderwysers om waardes, dissipline en leierskap aan te leer, sou gemeenskappe ongestruktureerd en ongeorganiseerd wees.
Kortom, ‘n wêreld sonder onderwysers sou ‘n plek wees sonder vooruitgang, geleenthede en ‘n gesonde samelewing. Hulle is die stil helde wat die toekoms bou.
Onderwysers speel 'n onskatbare rol in ons lewens – hulle inspireer, motiveer en help ons om ons drome te bereik.
Nou is dit jou kans om erkenning te gee aan daardie een spesiale onderwyser wat 'n verskil in jou lewe gemaak het!
Nomineer jou gunsteling onderwyser vir die titel van "Beste Onderwyser", en jy staan 'n kans om 'n wonderlike prys te wen!
Vertel ons hoekom jou onderwyser hierdie toekenning verdien en hoe hulle 'n positiewe impak op jou of jou klasmaats se lewe het.
Hoe om deel te neem
Skryf ‘n kort motivering oor jou gunsteling onderwyser of nog beter, stuur vir ons ‘n kort video van jouself waar jy vir ons vertel hoekom jou onderwyser die beste is.
Die wen onderwyser sal gekies word op grond van inspirasie, toewyding en die impak van hul werk.
Pryse wat gewen kan word
Die wen video word deur die publiek op sosiale media gekies.
Waarheen om jou nominasie te stuur
Epos – competition@worthit.co.za
Whatsapp – 072 282 2203
Onthou om te noem in watter skool jy is, hoe oud jy is en jou onderwyser se naam en van.
Sluitingsdatum: 30 September 2025
Wenner aangekondig op: Tydens ons bederf gala aand vir onderwysers in Oktober.
Die leerling wie se nominasie wen, ontvang ook ‘n spesiale geskenk!
Moet nie hierdie kans misloop om ‘n merkwaardige onderwyser te bederf en self te wen nie!